Kindersielkundige
in Nelspruit

Kontak my:

082 686 7955

Kindersielkundige in vereeniging en Nelspruit

WERK MET ASPERGER
Kontak my

Die verskille tussen asperger sindroom en outisme

Die oorsake van outisme en Asperger sindroom

Outisme sowel as Asperger sindroom ontstaan nie omdat ouers iets verkeerd gedoen het, of omdat ouers nie die opvoeding van hulle kind reg hanteer het nie. Ouers kan nie Outisme of Asperger sindroom in hulle kinders veroorsaak nie.

Die presiese oorsake van Outisme en Asperger sindroom is nog nie seker nie. Dit blyk wel dat verskillende oorsake ‘n rol mag speel, soos: om geneties meer vatbaar te wees daarvoor, breinvorming en biochemie in die brein ontwikkel nie normaal nie, breinbeserings, breinsiektes en metaboliese versteurings. Virus infeksies wat die ongebore babatjie in die moederskoot opdoen mag dalk ‘n rol speel. Die rol wat kwikvergiftiging speel is nog onseker.

 Wanneer begin outisme of Asperger sindroom?

Outisme word gewoonlik voor drie-jarige ouderdom opgemerk omdat die kind se vroeë ontwikkeling nie plaasvind soos verwag word nie. Kinders met Asperger sindroom ontwikkel goed, en simptome word soms eers opgemerk wanneer die kind skool toe gaan, omdat hulle anderse manier van kommunikeer, motoriese agterstande, anderse optrede en gefassineerdheid met spesifieke belangstellings dan meer prominent uitstaan tussen die van hulle maats. Asperger sindroom kom reeds in die kleuterjare voor, en is nie ‘n sindroom wat eers in volwasse jare ontwikkel nie.

Geen twee kinders met outisme reageer presies dieselfde nie, en dit geld ook vir kinders met Asperger sindroom. Daar kan ‘n legio van verskille tussen kinders met outisme en Asperger sindroom wees, en ek deel hier net ‘n paar daarvan:

Simptome van outisme en Asperger by kinders

Kinders met outisme is as babas geneig om onbewus van ander mense se kom en gaan te wees, en dit lyk asof hulle in hulle eie wêreld is. As babas soek hulle nie die aandag van ander mense op deur geluide te maak, te huil, handgebare te gebruik of oogkontak te probeer maak nie.  Hulle kan geneig wees om ekstreem op hulle eie te wees, is nie altyd bewus van ander mense nie en is nie geïnteresseerd in sosiale kontak met mense nie. Hulle kan aggressief raak, onttrek, skree of hulleself doelbewus beseer in ‘n poging om ander mense van hulle af weg te hou.

Kinders met outisme is geneig om min tot geen enkelwoorde voor 2-jarige ouderdom te gebruik nie. Hulle sal nie noodwendig met ander mense gesprekke voer nie en dit mag wees dat hulle spraak swak ontwikkel is, of glad nie ontwikkel het nie.

Hulle selfhelpvaardighede, soos tandeborsel, aantrek, hare kam ensomeer, is nie normaal ontwikkel van kleins af nie. Hulle raak intens omgekrap en mag selfs met woede of tantrums reageer indien hulle omgewing of roetine verander. Hulle wil ten alle koste hê dat dinge dieselfde moet bly en hou streng by hulle roetines, wat nie noodwendig altyd vir ander mense sin maak nie.

Kinders met outisme is nie noodwendig geïnteresseerd in, of nuuskierig oor hulle omgewing nie. Hulle kan dit baie moeilik vind om aan te pas by nuwe situasies. Leerprobleme kom gewoonlik voor, maar hulle kan in sekere areas sterk uitblink, alhoewel dit nie noodwendig met almal die geval is nie. Gewoonlik kan die meeste kinders met outisme nie in hoofstroomskole funksioneer nie, en benodig hulle spesiale onderwys. Tot 50% van hierdie kinders kan verstandelik gestrem wees.

Kinders met Asperger sindroom se simptome is soms so subtiel dat die diagnose aanvanklik misgekyk word. Hulle selfhelpvaardighede is normaal ontwikkel binne die eerste drie lewensjare, hoewel dit soms eksentriek en anders kan voorkom. Hulle kan byvoorbeeld erg omgekrap raak indien hulle skoene se veters nie op hulle eie unieke manier vasgemaak word nie.

Gewoonlik is daar nie drastiese taalagterstande by hierdie kinders nie, en is hulle taal inteendeel goed ontwikkel. Baie van hulle leer praat voor hulle leer loop, of kan een-woord sinnetjies praat op twee jarige ouderdom en selfs lang sinne met goeie woordeskat toon op drie jarige ouderdom, iets wat nie by kinders met outisme die geval is nie. Dit is egter wanneer hulle met mense gesels dat probleme voorkom, soos dat hulle nie ander mense spreekbeurte gee nie, of mense in die rede val. Hulle reageer nie op subtiele wenke wat ander mense gee nie, en sal byvoorbeeld nie besef dat ‘n kyk op die horlosie beteken die kuier is nou vir eers verby nie. Hulle sal ook nie altyd besef dat ‘n frons op juffrou se voorkop beteken sy raak nou kwaad nie. Hulle verstaan nie altyd hoekom dit belangrik is om die onderwerp van ‘n gesprek na ‘n nuwe onderwerp te verander nie en sal aanhou gesels oor hulle eie belangstellingsarea.

Kinders met Asperger sindroom is geneig om teruggetrokke tussen maats te wees en sal soms verkies om met ouer maats of volwassenes vriende te maak. Alhoewel hulle sosiaal alleen kinders is, toon hulle wel belangstelling in ander mense, is bewus van mense om hulle en het ‘n intense behoefte aan vriendskappe. Wanneer hulle wel uitreik na ander mense is dit op koddige of eksentrieke wyse, en baie van hulle maak gewoonlik min of glad nie oogkontak nie.

Hulle vriendskappe hou nie omdat hulle nie altyd die gevoelens of behoeftes van ander mense verstaan of in ag neem nie. Hulle kan betroubare en lojale vriende wees vir mense met wie hulle wel verhoudings opbou. Hulle is geneig om op hulle eie, weg van hulle maats af te speel.

Kinders met Asperger sindroom het gewoonlik gemiddeld tot bogemiddelde intelligensievermoëns. Hierdie kinders ondervind wel leerprobleme, maar dit is nie so ernstig soos in die geval van kinders met outisme nie. Kinders met Asperger sindroom is geneig om kwaad te word indien hulle nie kan klaarmaak waarmee hulle begin het nie, en hulle word maklik omgekrap indien hulle roetine verander word of daar nie aan hulle verwagtinge voldoen word nie.

Hulle het gewoonlik ‘n beperkte hoeveelheid belangstellings, maar sal groot hoeveelhede feitelike kennis en informasie oor hierdie belangstellingsveld bymekaarmaak. Hulle beskik dikwels oor ongewoon baie kennis oor hierdie onderwerpe waarin hulle belangstel. Kinders met Asperger sindroom kan dikwels in hoofstroomskole onderrig ontvang en sommige mense met Asperger sindroom beoefen selfs professionele beroepe as akteurs, geneeshere, wetenskaplikes, publieke sprekers, informasietegnoloë, politici, en kunstenaars. Die beroepe waarin hulle uitblink betrek veral hulle unieke belangstellings, sterkpunte en talente.

 Hulp aan kinders met outisme of Asperger

Is daar hoop op genesing of verbetering?

Outisme en Asperger sindroom is lewenslank deel van ‘n persoon se lewe, maar dit beteken nie dat hulle lewenskwaliteit en geluk in die lewe nie kan verbeter nie. Kinders met Asperger sindroom reageer vinniger en bietjie beter op behandeling as kinders met outisme. Die rede hiervoor is dat hulle gewoonlik hoër intelligensievermoëns en beter taalvermoëns het. Hoe vroeër kinders met Asperger sindroom geïdentifiseer kan word, hoe groter is die kans op verandering wat met die nodige terapeutiese hulp gegee kan word.

Sowat 60% van kinders op die outistiese spektrum bly gewoonlik afhanklik van ander mense vir versorging, en min of meer 5%-15% sal op hulle eie kan funksioneer en ‘n eie beroep kan beoefen. Met die regte ondersteuning kan baie mense met Asperger sindroom onafhanklike lewens lei, terwyl ander lewenslank meer ondersteuning sal benodig.

 Bronnelys: Asperger sindroom

Asperger Sindroom

1. ADAMS, L., GOUVOUSIS, A., VANLUE, M. & WALDRON, C., 2004. Social Story Intervention: Improving Communication Skills in a Child with an Autism Spectrum Disorder. Focus on Autism and other Developmental Disabilities. 19(2) : p87-94. Summer.

2. AUTISM SOUTH AFRICA. 2002(b). Asperger Syndrome. Autism South Africa NPO 000-454 : Greenside.

3. ATTWOOD, T. (2006). Diagnosis in Adults. In Murray, D. (Ed.) Coming out Asperger: Diagnosis, Disclosure and Self-confidence (pp.32-52). London: Jessica Kingsley.

4. BARRATT, P. (2006). Disclosure at secondary school: sharing the news of Asperger Syndrome with a young person’s peer group. In Murray, D. (Ed.) Coming out Asperger: Diagnosis, Disclosure and Self-confidence (pp.149-163). London: Jessica Kingsley

5. BARON-COHEN, S. 2004. Autism: research into causes and intervention. Pediatric Rehabilitation. 7(2) : p73-78.

6. BEERS, M. H. (Ed in Chief). 2006. The Merc Manual of Diagnosis and Therapy. 18th ed. Merc Research Laboratories : New York.

7. DERUELLE, C., RONDAN, C., GEPNER, B. & TARDIF, C. 2004. Spatial Frequency and Face Procesisng in children with Autism and Asperger Syndrome. Journal of Autism and Developmental Disorders. 34(2) : p199-210. April.

8. GABRIELS, R.L. 2003. Art Therapy With Children Who Have Autism and Their Families. (In Malchiodi, C.A. (Ed.) Handbook of Art Therapy. London: Guilford. : p193-206.)

9. GEORGIOU, D. (2006). Diagnosis in adulthood and community disclosure. In Murray, D. (Ed.) Coming out Asperger: Diagnosis, Disclosure and Self-confidence (pp.230-244). London: Jessica Kingsley.

10. GREYLING, M. 2008. Information Session: Meeting the Needs of Individuals with Autism Spectrum Disorders. (Two day information Course presented by Autism South Africa: 23-24 April, 15h00-19h00. Venue: Care Bears Nursery School, Cnr Rossini Boulevard and Boswell str, Vanderbijlpark. South Africa. Handouts.)

11. GREYLING, M. 2008. Intervention and Programmes for Individuals with ASD. (Two day information Course presented by Autism South Africa: 23-24 April, 15h00-19h00. Venue: Care Bears Nursery School, Cnr Rossini Boulevard and Boswell str, Vanderbijlpark. South Africa. Handouts.)

12. HARVARD MENTAL HEALTH, 2005. Asperger Syndrome. Harvard Mental Health Letter. February. www.health.harvard.edu

13. LANDA, R. 2000. Social Language Use in Asperger Syndrome and High-Functioning Autism. (In. Klin, A., Volkmar, F.R. & Sparrow, S.S. (Eds.) Asperger Syndrome. Guilford Press : New York. p125-153.)

14. MASH, J.E. & WOLFE, D.A. 2005. Abnormal Child Psychology. (3rd ed.) Thomson : Australia.

15. MATTILA, M., KIELINEN, M., JUSSILA, K., LINNA, S., BLOIGU, R., EBELING, H. & MOILANEN, I. 2007. An Epidemiological and Diagnostic Study of Asperger Syndrome according to four sets of Diagnostic Criteria. Journal of American Academy of Child and Adolescent Psychiatry. 46(5) : p636-646. May.

16. MOOLMAN-SMOOK, J.C., VERMOTER, C.L., BUCKLE, J. & LINDENBERG, L. 2008. Of Rain Men and Snowcakes: The presentation, pathology, aetiology and management of autistic spectrum disorder. South African Journal of Child Health. 2(1) : p8-12. March.

17. MOXON, L. (2006). Diagnosis, disclosure and self-confidence in sexuality and relationships. In Murray, D. (Ed.) Coming out Asperger: Diagnosis, Disclosure and Self-confidence (pp.214-229). London: Jessica Kingsley.

18. MUBAIWA, I. 2008. Autism: Understanding basic Concepts. South African Journal of Child Health. 2(1) : p6-7. March.

19. MURRAY, D. (Ed.) 2006. Coming out Asperger: Diagnosis, Disclosure and Self-confidence. Jessica Kingsley : London.

20. PHEMISTER, A. 2005. Reaching Kids with Asperger’s Syndrome.The Education Digest. October. www.eddigest.com (visited 29 April 2008).

21. SAFRAN, S.P., SAFRAN, J.S. & ELLIS, K. 2003. Intervention ABCs for Children with Asperger Syndrome. Topics in Language Disorders. 23(2) : p154-165. April-June.

22. SZATMARI, P., BRYSON, S.E., BOYLE, M.H., STREINER, D.L. & DUKU, E. 2003. Predictors of outcome among high functioning children with autism and Asperger syndrome. Journal of Child Psychology and Psychiatry. 44(4) : p520-528.

23. TANTAM, D. 2000. Adolescence and Adulthood of Individuals with Asperger Syndrome. (In. Klin, A., Volkmar, F.R. & Sparrow, S.S. (Eds.) Asperger Syndrome. Guilford Press : New York. p367-399).

24. TSATSANIS, K.D., FOLEY, C. & DONEHOWER, C. 2004. Contemporary Outcome Research and Programming  Guidelines for Asperger Syndrome and High-Functioning Autism. Topics in Language Disorders. 24(4) ; p249-259. October-Desember.

25. VOLKMAR, F.R. & KLIN, A. 2000. Diagnostic Issues in Asperger Syndrome. (In. Klin, A., Volkmar, F.R. & Sparrow, S.S. (Eds.) Asperger Syndrome. Guilford Press : New York. p25-71.)

26. WHITAKER, P. (2006). “Why is it all so difficult?” Sharing the diagnosis with the young person. In Murray, D. (Ed.) Coming out Asperger: Diagnosis, Disclosure and Self-confidence (pp.125-142). London: Jessica Kingsley.