Ons leef in ‘n konstante veranderende wêreld, waar elke dag ‘n nuwe uitdagings inhou. Die konstante verandering maak dat die behoeftes van die werkswêreld ook gedurig verander. Met die ekonomiese toestande raak dit noodsaaklik om baie divers te begin dink wanneer ‘n studierigting of beroep oorweeg word. Dit is die uitdaging vir elke tiener in ons land en reg oor die wêreld. Die kompeterende wêreld van werk maak dit self meer belangrik om goed na te dink voor jy ‘n beroepsveld wil betree.
Ouers vind dit soms moeilik om tyd af te knyp om met hulle kinders te gesels oor hulle drome en beroepe waarin hulle belangstel, om nie eers te praat van tyd om vir hulle kinders fisiese blootstelling te gee in die verskillende beroepe nie. Wat dit soms meer gekompliseerd maak is dat die kind soms sal sê “ek weet nie wat ek wil word nie.”
Daar is verskillende faktore waarna gekyk moet word by die kies van beroepe:
Aanleg: Het die kind natuurlike talent of aanleg in ‘n sekere rigting, of is dit bloot net ‘n belangstelling by hom of haar? ‘n Kind kan belangstel in iets maar nie noodwendig goed wees daarin nie.
Persoonlikheid: Elke ouer het die behoefte dat sy kind eendag sy werk moet geniet. Hoe meer die persoon sy werk geniet hoe meer suksesvol gaan die persoon wees in sy beroep. Te veel mense staan in beroepe wat hulle glad nie geniet nie en bly net in die beroep oor die finansiële voordele.
Gedragstyle: Sekere mense verkies om tussen ander mense te werk en hulle te motiveer om aksie te neem. Ander mense wil met prosesse werk en seker maak dat die proses reg gedoen is. Die belangrikheid van hierdie gedragstyle moet nie onderskat word nie. Indien ‘n persoon wat tussen ander mense wil wees byvoorbeeld agter ‘n lesenaar alleen in ‘n kantoor vasgepen word, mag daardie persoon baie frustrasie is sy of haar werksplek beleef.
Belangstelling: Indien die persoon belangstel in sy beroep behoort hy of sy innerlik gemotiveerd te wees om meer te leer oor daardie beroep en hom- of haarself verder daarin te bekwaam. Hoe hoër ‘n persoon se motivering hoe hoër gaan sy of haar strewe na sukses wees.
Vakkeuses: Dit gebeur baie keer dat kinders net vakke kies omdat die vak lekker is of omdat hulle van die onderwyser hou wat die vak aanbied. Die impak van hierdie keuses kan nie ligtelik opgevat word nie. Indien kinders nie oor die vakke beskik soos vasgestel deur die spesifieke Fakulteit by die Universiteit nie, mag die betrokke kind moontlik nie toegelaat word om sy of haar gusteling studierigting te kan volg nie. Dit is belangrik om vroegtydig uit te vind of universiteitsvrystelling ‘n vereiste is vir die volg van ‘n spesifieke beroep.
Psigometriese toetsing kan hierdie taak vir die ouers vergemaklik deurdat dit kan help vasstel in watter beroepe die kind geïnteresseerd is en ook vas te stel waar lê die kind se natuurlike aanlegte. Persoonlikheids- toetse word ook gebruik om meer voldoende inligting aan die ouer en die kind deur te gee
Recent Comments